地區分類 豪登省
制服分類 南非高校
國家 南非
-
Aan die hange van die Suikerbosrand met as agtergrond die pragtige natuurskoon, lê genestel ‘n skool waar die ryke tradisies van die verlede gekoester word sonder om te vergeet om toekomsgerig te wees. Hier bou jongmense ‘n pragtige toekoms, om as Volkies hulle plekke in hierdie mooi land vol te kan staan. Volkskool is ‘n skool waar die onderwysers nie net onderwys gee nie, maar die basis skep wat verseker dat jongmense as waardige landsburgers ‘n bydrae kan maak op alle terreine van die samelewing. Die dinamika van ‘n veranderende Suid- Afrika vra ‘n dinamiese benadering tot onderwys en opleiding – iets wat in oormaat hier te kry is. ‘n Kind is nie net ‘n kind nie, hy/sy is ‘n kosbare kleinnood wat die Hemelse Vader aan ons geskenk het om te koester en volgens Sy wil op te lei en toe te rus vir die lewe. Volkskool se waardes lê geanker in die Christelike. Daarom poog ons om te verseker dat die skool sy ouers, leerders en onderwysers dié waardes uitlewe. Die akademie sport en kultuur geniet besondere aandag. Ouerbetrokkenheid is ‘n uiters belangrike faset van die skool. Volkskool se akademiese standaard is ononder-handelbaar. Daarvan getuig die uitslae wat jaar na jaar behaal word. As parallel-medium skool dra ons by tot ‘n veelrassige harmonie waarin elkeen gerespekteer word en almal uitnemendheid nastreef. Akademici soos die edele regters Buddy Swart en Schabort, Proff. Peet Pienaar, Kristi Pienaar, Piet Prinsloo ( Rektor van die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes Universiteit) se wortels lê hier. Sportprestasies lê gesaai. Verskeie sportsterre het deur die jare hulle opleiding hier voltooi. Mense soos Fanie de Villiers (krieket) en Ockie Oosthuizen (rugby) het Suid -Afrika op die sportveld verteenwoordig. Op kulturele vlak staan hierdie skool terug vir niemand nie. Uitstekende prestasie word jaar na jaar op verskillende vlakke behaal. Die operaster Emma Renzi Scheepers, wêreldkoorlede Richter en Lente-Mari Grimbeeck asook Este Gross is ‘n bewys van die kaliber mense wat spore hier getrap het. Johan Vorster (Sanggroep Eden) soos eersgenoemdes, was lid van die Orpheumkoor wat al verskeie landswye toekennings gewen het. Die vraag is dus nie of jy hierna toe moet kom nie, die vraag is eerder wanneer jy kom, want dit is hier waar jy die beste belegging in jou toekoms kan en gaan maak.
本區所展示圖片皆為 AI 生成之示意圖,並非來自原機構/品牌之官方素材,也不代表真實制服設計、實際穿著或官方立場。內容以資料整理與介紹為目的。提及之品牌/機構名稱與標誌,其權利均屬原權利人所有。