-
Visie
Om leerders tot die volle bereiking van hulle potensiaal te lei, deur 'n verskeidenheid van geleenthede te bied.
Missie
Die uitleef van ons leuse “geanker in geloof” deur die christelike godsdiens as die grondslag van alle aktiwiteite te beskou.
Die vestiging van hoop en ‘n positiewe, visioenêre toekomsverwagting.
Die skep van ‘n positiewe, veilige en gedissiplineerde leeromgewing deur toegeruste, toegewyde en gemotiveerde personeel.
Die strewe daarna om elke leerder se potensiaal en onafhanklikheid op uitnemende wyse maksimaal te ontwikkel.
Die aanmoediging tot lewenslange leer.
Die toerus van leerders met lewensvaardighede, leierskapsvaardighede en kernwaardes om as verantwoordelike burgers hulle plek in die samelewing vol te staan.
Die motivering van leerders om betrokke te raak by geleenthede op alle terreine (akademie, sport, kultuur, sosiaal en leierskap), asook die beskikbaarstelling van ‘n verskeidenheid geleenthede om sodoende gebalanseerd te ontwikkel.
Die ontwikkeling van lojaliteit, respek, integriteit en verantwoordelikheid by leerders.
Die vestiging en handhawing van tradisies en die uitbou van afrikaans as taal van onderrig en leer ten einde trots en eenheid in die skool te kweek.
Die aanmoediging van ouers en die gemeenskap om ondersteunend en betrokke te wees.
制服
新增資料本區所展示圖片皆為 AI 生成之示意圖,並非來自原機構/品牌之官方素材,也不代表真實制服設計、實際穿著或官方立場。內容以資料整理與介紹為目的。提及之品牌/機構名稱與標誌,其權利均屬原權利人所有。