-
Die Hoërskool Kroonstad (ook bekend as die Blouskool) het in 1994 tot stand gekom nadat die voormalige Hoërskool Kroonstad (Ou Blouskool), die Kroonstad Landbouskool (Lanties), die Hoër Tegniese Skool De Wet Nel (Ampies) asook die Johan Slabbert Spesiale Skool geamalgameer het. Die skool bied kultuuraktiwiteite soos Voortrekkers, koor, dramatiese kunste, CSV, junior landbou, ’n staptoer, redenaars en hip hop aan. Die skool bied ook fasiliteite vir sportsoorte soos rugby, netbal, hokkie, gholf, krieket, atletiek, tennis, swem en jukskei aan. Burger Geldenhuys, André Venter, Faan Rautenbach en Michael Claassens is Springbokke wat bande met die Blouskool het.
制服
新增数据本区所展示图片皆为 AI 生成之示意图,并非来自原机构/品牌之官方素材,也不代表真实制服设计、实际穿着或官方立场。内容以资料整理与介绍为目的。提及之品牌/机构名称与标志,其权利均属原权利人所有。