Hoërskool Voortrekker, Kenilworth

Voortrekker High School, Kenilworth

Hoërskool Voortrekker, Kenilworth

基本資料 | Information

Die Hoërskool Voortrekker in die Kaapstadse voorstad Kenilworth is 'n voormalige Afrikaansmedium hoërskool wat tans (2016) onderrig in Engels bied aan 598 leerders (569 in 2014, 190 meer as in 2010 en 221 meer as in 2008). Die verhouding van Afrikaanse tot Engelse leerders was in 2010 sowat 1:2. Die tendens was egter dat die Afrikaanse leerders minder en die Engelse leerders meer word sodat daar in 2014 net 34 leerders was wat Afrikaansmoedertaal geneem het en net in die hoogste twee grade. Vroeg in 2016 is Afrikaans Huistaal afgeskaf. Van die 612 leerders wat begin 2016 aan die skool ingeskryf het, het nog net 18 in gr. 12 Afrikaans Huistaal geneem maar dis blykbaar kort daarna afgeskaf. Dié neiging het ook voorgekom by die Hoërskool Groote Schuur in Nuweland, wat sedert die invoer van Engels as onderrigmedium uitsluitlik Engels geword het en die Hoërskool Zwaanswyk in Retreat, wat sedert 2007 ook parallelmedium geword het.

Die skool het in die middel van die dekade na 1930 uit die Laerskool Simon van der Stel as die Sekondêre Skool Simon van der Stel ontstaan. Die naam is waarskynlik omstreeks 1938 ten tyde van die eeufeesherdenking van die Groot Trek na Hoërskool Voortrekker verander. Simon van der Stel was dekades lank Voortrekker se voederskool, maar sedert die hoërskool van omstreeks 2005 drasties begin verengels het, woon die oudleerders van die laerskool nou die Hoërskool Jan van Riebeeck in Tamboerskloof by waarheen hulle daagliks per bus vervoer word.

制服介紹 | Uniform Intro

校園 | Campus

上傳校園照片
本校尚無照片,歡迎提供照片上傳