Hoërskool Witteberg

Witteberg High School

Hoërskool Witteberg

“To make memories, moments and magic” – dit is die hartklop van hierdie Koninklike skool wat strewe om sy leerders in alle Meesterlikheid so te ontsluit, dat hul ‘n betekenisvolle bydra tot die samelewing kan maak. Ons standaard is ons trots, daarom werk ons daagliks om die kernbesigheid van ons skool, ons akademie te beskerm, te ontsluit en so aan te bied dat dit betekenisvol is.

Witteberg word gekenmerk vir al sy akademiese ondersteuning, sy intervensieprogramme en sy ekstra klasse ten einde te verseker elke kind se potensiaal word ten volle aangespreek. Ons eie onderwysdepartement verwys na Witteberg as die “fabriek van wenners” op grond van die skool se trotse rekord om top academici op te lewer.

The culture of the school is in a class of its own – you will have to search far and wide to match it! Ons is nie net trots op ons nasionale prestasies nie, maar beskou dit as deel van ons strewe om kinders holisties te vorm, kreatiewe denke te stimuleer en analitiese denke te vorm. Maar…. dit is ook pret en onderstreep die feit dat op die Witteberg kampus is jonkwees ‘n fees. Met trots kan ons terugkyk op ‘n sportjaar met uitnemende prestasies. Nasionale deelname en prestasies bevestig ons onderneming om in alles ons beste te gee.

Ons is trots Witteberg en verwelkom jou besoek aan ons facebookblad. Mag dit vir jou ‘n oomblik ‘n klein stukkie lig werp op die aktiwiteite van die skool. Kom besoek ons egter in vlees, ons waarborg dat jy nie onaangeraak hier sal uitstap nie!

Groete

Mnr Coenie Venter

制服介紹 | Uniform Intro

校園 | Campus

上傳校園照片
本校尚無照片,歡迎提供照片上傳