Hoërskool Wesvalia

Wesvalia High School

Hoërskool Wesvalia

基本資料 | Information

By Hoërskool Wesvalia glo ons dat elke leerder belangrik is en daarom fokus ons op die optimale ontwikkeling van elke individu se potensiaal, vaardighede en talente. Daar is dus 'n plek vir elke leerder in Hoërskool Wesvalia.

Hoërskool Wesvalia is gebou op 'n Christelike fondasie waaruit die 5 pilare: akademie, sport, kultuur, sosiaal en leierskap stewig gevestig word. Die pilare sorg vir 'n skool vol gebalanseerde Wessies wat gereed is vir die wêreled en wat die grootmenslewe vir hulle kan bied.

Die Wessies spog gereeld met puik akademiese-, sport- en ook met hulle fenominale kultuurprestasies. Wesvalia is ook die enigste skool met 'n amptelike sosiale dagboek waar hulle gereeld by die skool ontbyt eet, veldflieks bywoon en die voete behoorlik laat jeuk vir ons lekker sokkies.

Ons leerders gee om vir mekaar en ook vir die gemeenskap. Die Wessies is bekend vir die feit dat hulle saamstaan deur dik en dun.

SOSIALE MEDIA BELEID

Gebruik van sosiale media word aangemoedig en die belangrikheid daarvan erken.
• Hoërskool Wesvalia het ‘n amptelike Faceboek blad wat sorgvuldig gemonitor word. Dit staan as Hoërskool Wesvalia (Amptelik) bekend.
• Administrateurs van die blad plaas gereeld foto’s en inligting oor gebeure op die blad.
• Geen negatiewe kommentaar van die skool of individue mag op die blad geplaas word nie.
• Leerlinge wat as “vriende” van die skool gegistreer mag geen fotos van
medeleerlinge of onderwysers sonder die toestemming van die betrokke persoon op hul persoonlike Facebook-blad plaas nie.
• Leerlinge van Wesvalia mag geen afbrekende of persoonlike
kommentaar oor Wesvalia , sy onderwysers of leerlinge op hul
persoonlike Facebook-blaaie plaas nie.
• Leerlinge en ander gebruikers van Facebook moet deeglik daarvan bewus wees dat Facebook‘n publieke forum is en die misbruik daarvan al ernstige gevolge (insluitend hofsake) gehad het.

制服介紹 | Uniform Intro

校園 | Campus

上傳校園照片
本校尚無照片,歡迎提供照片上傳