-
Die Wartburg Kirchdorf School is 'n staatsskool in Wartburg naby Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal. Die skool is in 1881 in 'n streek gestig wat destyds merendeels deur Duitse immigrante bewoon is en gebruik naas Engels steeds Duits as onderrigmedium. Die skool het 'n lang tradisie van gemeenskaplike onderwys vir seuns en meisies en word as een van die voorste onderwysinstellings in die provinsie beskou.
Die Wartburg Kirchdorf School se onderwyspersoneel van 30 bied onderwys van voorskool tot matriek vir sowat 430 leerders aan. In graad 1 en 2 word kinders se moedertale as onderrigmedium gebruik, vanaf graad 3 ontvang leerders ook Afrikaanse taalonderwys. Die koshuis, wat deur Wartburg se twee Evangelies-Lutherse kerkgemeentes bedryf word, is in 1948 opgerig en huisves tans sowat 90 leerders.
Uniform
Add DataThe images displayed in this section are AI-generated illustrations and are not official materials from the original organizations or brands. They do not represent actual uniform designs, real-life wear, or official positions. The content is for informational and organizational purposes. All brand/organization names and logos mentioned are the property of their respective owners.