Hoërskool Despatch

Despatch High School

Hoërskool Despatch

基本資料 | Information

Die Afrikaansmedium Sekondêre skool Despatch is in 1949 gestig, met 144 leerders (seuns en dogters) en vyf personeellede. Voor daardie jaar was dit vir kinders uit Despatch nodig, indien hulle verdere skoling wou ondergaan as bloot primêre onderwys, om met die trein of bus of Uitenhage of Port Elizabeth toe te ry, of om kosgangers op skole in daardie sentra te wees.

Reeds in 1950 is dit as hoërskool verklaar en in 1951 het 12 leerders die Senior Sertifikaateksamen aan die skool afgelê. In daardie jare was St 7 die beginjaar van die sekondêre kursus.

Die eerste skoolsaal is in 1958 ingewy. Die skool het in 1963 sy eie sportgronde in gebruik geneem en in November 1991 is ‘n sportklubhuis ingewy.
Die skool is vandag steeds ‘n Afrikaansmedium hoërskool vir seuns en dogters. Volgens klasindeling wat tans gebruik word, loop dit vanaf Graad 8-12.

制服介紹 | Uniform Intro

校園 | Campus

上傳校園照片
本校尚無照片,歡迎提供照片上傳