지역 Noordwes
교복 분류 남아프리카 고등학교
국가 남아프리카
-
By Hoërskool Wesvalia glo ons dat elke leerder belangrik is en daarom fokus ons op die optimale ontwikkeling van elke individu se potensiaal, vaardighede en talente. Daar is dus 'n plek vir elke leerder in Hoërskool Wesvalia. Hoërskool Wesvalia is gebou op 'n Christelike fondasie waaruit die 5 pilare: akademie, sport, kultuur, sosiaal en leierskap stewig gevestig word. Die pilare sorg vir 'n skool vol gebalanseerde Wessies wat gereed is vir die wêreled en wat die grootmenslewe vir hulle kan bied. Die Wessies spog gereeld met puik akademiese-, sport- en ook met hulle fenominale kultuurprestasies. Wesvalia is ook die enigste skool met 'n amptelike sosiale dagboek waar hulle gereeld by die skool ontbyt eet, veldflieks bywoon en die voete behoorlik laat jeuk vir ons lekker sokkies. Ons leerders gee om vir mekaar en ook vir die gemeenskap. Die Wessies is bekend vir die feit dat hulle saamstaan deur dik en dun. SOSIALE MEDIA BELEID Gebruik van sosiale media word aangemoedig en die belangrikheid daarvan erken. • Hoërskool Wesvalia het ‘n amptelike Faceboek blad wat sorgvuldig gemonitor word. Dit staan as Hoërskool Wesvalia (Amptelik) bekend. • Administrateurs van die blad plaas gereeld foto’s en inligting oor gebeure op die blad. • Geen negatiewe kommentaar van die skool of individue mag op die blad geplaas word nie. • Leerlinge wat as “vriende” van die skool gegistreer mag geen fotos van medeleerlinge of onderwysers sonder die toestemming van die betrokke persoon op hul persoonlike Facebook-blad plaas nie. • Leerlinge van Wesvalia mag geen afbrekende of persoonlike kommentaar oor Wesvalia , sy onderwysers of leerlinge op hul persoonlike Facebook-blaaie plaas nie. • Leerlinge en ander gebruikers van Facebook moet deeglik daarvan bewus wees dat Facebook‘n publieke forum is en die misbruik daarvan al ernstige gevolge (insluitend hofsake) gehad het.
이 섹션에 표시된 이미지는 AI로 생성된 예시 이미지이며, 원본 기관이나 브랜드의 공식 자료가 아닙니다. 실제 제복 디자인, 실제 착용 모습 또는 공식 입장을 대변하지 않습니다. 본 콘텐츠는 자료 정리 및 소개를 목적으로 합니다. 언급된 브랜드/기관의 명칭과 로고에 대한 권리는 해당 권리자에게 있습니다.