지역 KwaZulu-Natal
교복 분류 남아프리카 고등학교
국가 남아프리카
-
1 April 1958 word erken as die amptelike stigtingsdatum van Hoërskool Transvalia onder die tydelike hoofskap van Mnr. J. de Vlamingh. Op 3 Januarie 1959 begin die skool in tydelike geboue in Buddstraat met Dr. S.W. Roos die eerste permanente hoof, 13 personeel en 348 leerders. Baie gou moes die hoërskole in die Vaaldriehoek kennis neem dat daar met Hoërskool Transvalia rekening gehou moet word op die sportveld en op ander terreine. Op 18 September 1963 word die huidige skoolgebou amptelik geopen en word die skoollied vir die eerste keer deur ons dogterskoor gesing. Dr. Roos word in 1970 aangestel as Inspekteur van Onderwys en Mnr. Ackermann neem in 1971 waar as hoof. In 1972 kry Transvalia sy tweede permanente hoof, Mnr. Elmar Steyn, wat tot sy aftrede in 1982 die skool van krag tot krag lei. Mnr. J.N.C.J. Coetzee was hoof vanaf Januarie 1983 tot Julie 1988 waarna hy as Superintendent van Onderwys aangestel is. Mnr. F.A. Visser was hoof vanaf April 1989 tot April 2000. Hy het 'n pos by die PU vir CHO aanvaar in die departement Openbare betrekkinge. Hy word opgevolg deur Mnr. R.A. Oosthuizen vanaf 1 Julie 2000. Op 1 Augustus 1992 word Transvalia ook 'n Staatsondersteunde skool. In Oktober 2009 word Mnr. J.R. Venske aangestel as skoolhoof. Met trots kan vandag teruggekyk word na 'n ryke verlede en 'n kragtige voortstuwing om die skoolleuse BEHOU EN BOU uit te leef.
이 섹션에 표시된 이미지는 AI로 생성된 예시 이미지이며, 원본 기관이나 브랜드의 공식 자료가 아닙니다. 실제 제복 디자인, 실제 착용 모습 또는 공식 입장을 대변하지 않습니다. 본 콘텐츠는 자료 정리 및 소개를 목적으로 합니다. 언급된 브랜드/기관의 명칭과 로고에 대한 권리는 해당 권리자에게 있습니다.