-
Die Hoërskool P.J. Olivier is 'n gekombineerde, Afrikaanse staatskool in Grahamstad wat in 1956 gestig is as enigste Afrikaansmediumskool in die oorwegende Engelse stad met sy roemryke Engelsmediumskole.
Die skool het 'n koshuis, Huis W.E.G. Louw, genoem na die Afrikaanse skrywer en indertydse lektor in Afrikaans en Nederlands aan Rhodes-universiteit en broer van die Afrikaanse skrywer N.P. van Wyk Louw. Hy het self die hoeksteen van die gebou op 2 Maart 1956 gelê.
Die skool bied onderrig van gr. R tot gr. 12 aan. Dit is genoem na die destydse administrateur van Kaapland, P.J. Olivier.
Uniforme
Agregar datosLas imágenes que se muestran en esta sección son ilustraciones generadas por IA y no son materiales oficiales de las organizaciones o marcas originales. No representan diseños de uniformes reales, su uso real ni posiciones oficiales. El contenido tiene fines informativos y educativos. Todos los nombres de marcas/organizaciones y logotipos mencionados pertenecen a sus respectivos propietarios.