Hoërskool Hangklip

Hangklip High School

Hoërskool Hangklip

Hoërskool Hangklip was 'n Afrikaanse hoërskool op Queenstown, Suid-Afrika. Van 2015 af het die skool begin om dubbelmedium-onderrig graad vir graad in te voer toe die eerste Engelse gr. 8-leerders ingeskryf het. So behoort die skool teen 2019 dubbelmedium in al vyf grade te wees.

Die skool se geskiedenis begin in 1885, 27 jaar ná die Engelse skool Queen's College, die eerste hoërskool op die dorp. Dit het ontstaan as 'n dubbelmedium-laerskool, Queen's Drive Primêre Skool. Die Afrikaanse gemeenskap het van krag tot krag gegaan en pogings aangewend om Afrikaans sy regmatige plek op die dorp te gee. Die strewe is vervul in 1947 toe Afrikaans die onderrigtaal in die hoërskool geword het onder die skoolhoof D.B. Malan. Dit is voorafgegaan deur die eerste st. 8-klas in 1942. In daardie jaar het die skool sy huidige naam gekry toe die skoolkomitee, onder leiding van ds. Pollock, besluit het om dit na die berg by die dorp te vernoem. Die skool se status is in 1945 tot dié van hoërskool verhef en in Januarie 1946 is die eerste st. 9-klas by die skool ingevoer. Die getalle het in so 'n mate toegeneem dat pogings begin het om 'n afsonderlike hoërskool te bou.

Die eerste sooi vir die nuwe hoërskool is op 15 Julie 1952 deur mev. E. Louw, lid van die skoolkomitee, gespit. Die gebou is op 20 Januarie 1954 ingewy, 'n trotse dag in die skool se geskiedenis. Teen 2014 was dit die grootste Afrikaansmediumskool in die Grens-gebied. Die skool het 'n goeie rekord in rugby en het reeds een Springbok (Chris de Wilzem, in 1956) opgelewer. Daar bestaan gesonde mededinging tussen Hangklip en die twee ander Afrikaanse skole in die Grens-gebied, Aliwal-Noord en Hoërskool Grens in Oos-Londen.

制服介紹 | Uniform Intro

校園 | Campus

上傳校園照片
本校尚無照片,歡迎提供照片上傳