Wartburg Kirchdorf School

Wartburg Kirchdorf School

Wartburg Kirchdorf School

基本資料 | Information

Die Wartburg Kirchdorf School is 'n staatsskool in Wartburg naby Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal. Die skool is in 1881 in 'n streek gestig wat destyds merendeels deur Duitse immigrante bewoon is en gebruik naas Engels steeds Duits as onderrigmedium. Die skool het 'n lang tradisie van gemeenskaplike onderwys vir seuns en meisies en word as een van die voorste onderwysinstellings in die provinsie beskou.

Die Wartburg Kirchdorf School se onderwyspersoneel van 30 bied onderwys van voorskool tot matriek vir sowat 430 leerders aan. In graad 1 en 2 word kinders se moedertale as onderrigmedium gebruik, vanaf graad 3 ontvang leerders ook Afrikaanse taalonderwys. Die koshuis, wat deur Wartburg se twee Evangelies-Lutherse kerkgemeentes bedryf word, is in 1948 opgerig en huisves tans sowat 90 leerders.

制服介紹 | Uniform Intro

校園 | Campus

上傳校園照片
本校尚無照片,歡迎提供照片上傳